NUWE LEWE
AANBIDDINGSENTRUM
OM DIE RITME VAN GOD SE HART UIT TE LEEF
-JEFFREYSBAAI-
Welkom
- :
Baie welkom by die Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum se webwerf en dankie dat jy besluit het om meer van ons gemeente te wete te kom.

















Wie is ons?
Ons is ‘n onafhanklike, lewendige en gemaklike gemeente waar daar geestelike vryheid heers. Ons aanbid die Here in gees en in waarheid en op ’n meelewende en interaktiewe wyse. Die Bybel verklaar dat God gedurig op soek is na mense wat Hom in gees en in waarheid wil aanbid omrede Hy in opregtheid aanbid wil word.
Ons handhaaf ‘n Pinkster en Charismatiese Bedieningstyl en verleen prominensie aan die Persoon van die Heilige Gees en Hy beweeg en werk soos Hy wil, wanneer Hy wil en deur wie Hy wil. Ons is sensitief om nie die Heilige Gees se vloei in die gemeente op enige manier te blokkeer nie.
Ons kan met oorgawe verklaar dat Nuwe Lewe ’n plek is waar God met ons ontmoet en waar Hy deur Sy Gees en Woord tot ons almal spreek.
In ons soeke na God wil ons die verskillende dimensies van Sy Liefde beter leer ken sodat ons dit kan uitlewe. Dit is vir ons belangrik dat die ware Jesus liefde ‘n interaktiewe kenmerk van ons lewe sal word.
Ons is ‘n gemeente wat elkeen se Godgegewe talent en gawe wil aanwend tot uitbreiding van Sy Koninkryk. Dit is baie belangrik dat ons dit wat God in ons hart geplant het sal uitlewe en dat dit deur liefde gemotiveer sal word.
My deur staan altyd oop vir elkeen in die gemeenskap! U is welkom om my enige tyd te kontak.
Past. Danny Boyens
PROJEKTE
Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum het verskeie aktiewe projekte.
Selekteer gerus die skakel om na ons Projekteblad te skyf.
WERKSWINKELS
Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum het verskeie interaktiewe en dinamiese werkswinkels. Selekteer gerus die skakel vir meer informasie.
N.L.A. BYBELKOLLEGE
Gedurende Maart 2012, gee God aan Pastoor Danny Boyens ‘n opdrag om ‘n Bybelskool te begin en om self die vakke te skryf.
Die rede vir die opdrag is omdat die Here volgens Amos 8:11 op die drempel staan om ’n honger t.o.v Sy Woord in die land in te stuur. Wanneer dit gebeur moet die inwoners van die Kougastreek weet waarheen om te gaan om hul honger vir die Woord te kom voed.
Die 24 Bybelskoolvakke is voltooi in 2014, wat die vrug van veertig jaar se studies van die Woord is.




Projek Statistieke
Nuwe Lewe Tieners
Ons tieners en jeug speel ‘n baie belangrike rol in ons gemeente.
Ons wil aan u kind (13 – 18 jaar) geleenthede bied waarin hulle as individu kan groei as gees mens, asook siels mens, maar waarin hulle God se liefde, aanvaarding en ook transformerende krag persoonlik kan ervaar.
Informasiebord
Vind ons gebeurtenisse vir die maand op die informasiebord.
Diens en selgroeptye
- Dienstye:
- Sondae Oggende | 09:00
- Sondae Aande | 18:00
- Huiskerk:
- Woensdae Aande | 18:30
- Selgroeptye:
- Senior Selgroep:
- Woensdae Oggende | 09:30
- Jeffriesbaai Selgroep:
- Woensdae Aande | 19:00
- Humansdorp Selgroep:
- Woensdae Aande | 18:30
Verjaarsdae
Veels geluk aan die volgende lidmate wat verjaar:
Huweliksherdinking
Belangrik:



COVID-19 - Sosiale Afstand veranderinge
Ons eredienste en aktiwiteite gaan normaal voort.
Ons wens julle almal voorspoed en liefde toe gedurende hierdie seisoen.
Projekte:
Sopkombuis - Bowls of Hope
Kontak ons gerus vir meer inligting via die "Kontak Ons" Blad.
Gebeurtenisse:
Bedieninge:
Nuwe Lewe Tieners
Kontak ons gerus vir meer inligting via die "Kontak Ons" Blad.
Eksterne Aktiwiteite:
Selgroepe
Kontak ons gerus vir meer inligting via die "Kontak Ons" Blad.
- Senior Selgroep
- Jeffriesbaai Selgroep
- Humansdorp Selgroep
CrossLite Werkswinkel
Indien jy graag emosionele herstel, ontwikkeling en geestelike bemagtiging wil beleef dan is Croslite net vir jou.
Dit behels verskeie interaktiewe begeleidings en werkswinkels waar opleiding gebied word wat 'n noemenswaardige verskil kan maak in jou lewe.
Vir meer inligting, kontak Sonja Teitge op +27(0)83-556-4010.
RAAK BETROKKE
- Wil U graag betrokke raak by ons gemeente?
- Wil U kind graag betrokke raak by die Nuwe Lewe Tieners?
- Wil U graag betrokke raak by ‘n Projek?
Indien U belangstel, kan U gerus die skakel(s) hieronder selekteer om na die korrekte blad geneem te word.
EK HET 'N VERSOEK
Ons het ‘n platform spesiaal vir versoeke omdat ons weet hoe kragtig gebed is.
Indien U hulp of raad benodig, volg die skakel hieronder en stuur aan ons jou versoeke of selfs ‘n versoek namens iemand anders.
Ons span sal dan intree vir jou versoek.
ARTIKELS
Selekteer enige opsie om na die blad te skyf.
Week 1
Dag 1
ONS GOD IS ALLES BEHALWE SUINIG
Nadat koning Dawid en Batseba ontug gepleeg het en ook haar man laat vermoor het, kom die profeet Nathan en bestraf die koning oor sy sonde. Hy meld dat God hom al Saul se vroue, byvroue, rykdom, skatte, grond en landerye gegee het en indien hy, wat Dawid was, gedink het dat dit te min na sy sin was, moes hy net sy mond oopgemaak het en God sou hom verder al die begeertes van sy hart gegee het…
Week 1
Dag 2
JY MAG MAAR JOU BEGEERTES AAN GOD BEKEND MAAK
Ons leef met die gedagte dat dit verkeerd is om selfsugtige gebede hemelwaarts te rig, omrede ons slegs ons behoeftes aan God bekend kan maak en nie ons begeertes nie. Ons is geleer dat “we must pray our need, not our greed”, want die Here sal nooit die begeertes, wat ons onder “greed” klassifiseer, beantwoord nie. Dit is so jammer dat ons verkeerd geleer is, want die Bybel praat twee keer meer van ons begeertes as van ons behoeftes.
Week 1
Dag 3
GOD SKEER AL SY KINDERS ONDER DIESELFDE KAM
Baie keer voel ons dat die lewe ons stief behandel net soos wat dit vir Jabez behandel het. In die dae waarin hy gelewe het, het die oudste seun met die helfte van die erfenis weggestap en is die res, wat dan oorgebly het, tussen die ander kinders verdeel. Dit blyk dat hy een van die jonger kinders was wat met ‘n mindere deel tevrede moes wees, want die lappie grond wat hy ontvang het, was heeltemal ontoereikend vir die drome wat hy vir sy lewe gekoester het.
Adres:
- Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum
- H/V Schelde & Da Gama Straat
- Jeffreysbaai
- 6330
- Suid Afrika
Projekte Informasie:
Bankbesonderhede:
- Nuwe Lewe Aanbiddingsentrum Humansdorp
- FNB
- Tjek Rekening
- 62055284211
- Takkode: 210 115
Kontak Ons:
- Maureen Boyens
- +27(0)42-295-1615
- admin@nuwelewejeffreysbaai.org.za
- Webtuiste
- webmaster@nuwelewehumansdorp.co.za
Argiewe:
- 2020
- 2019
Belangrike Skakels:
Nuwe Lewe Tieners:
Werkswinkels:
Skakels:
Powered by
R.M.M.
